Tiertjie kleuterskool is ‘n Afrikaanse kleuterskool en naskoolsentrum in Shere, Pretoria Oos. Ons is ‘n bediening van NG Gemeente Tygerpoort.
Ons versorg en onderrig kleuters vanaf 2 en ‘n half jaar tot graad R. Daar is ook ‘n naskoolsentrum vir leerlinge van Tygerpoort laerskool (gr.1 tot gr.7)
Ons bestaan al vir meer as 30 jaar en is voorwaar ‘n landmerk in die Shere omgewing. Die kleuterskool is gevestig in ‘n landelike omgewing wat omring is met pragtige bome.
Ons ervare personeel effekteer liefdevolle, Christelik-gefundeerde onderrig wat allesomvattende ontwikkeling bevorder. Ons program is gestruktureer om te verseker dat ons kleuters baie pret het gedurende die ontwikkelingsproses, want dit is ons absolute oortuiging dat dit ‘n kritiese komponet van suksesvolle onderrig is. Aangesien emosionele onsekerheid ‘n groot invloed op kognitiewe prestasies het is dit belangrik om emosioneel intelligent te wees daarom fokus ons baie op die Emosionele Intelligensie by Tiertjie Kleuterskool.