Naskool

Tiertjie Naskool

 

Hier skep ons ‘n veilige, vriendelike en liefdevolle omgewing en sien ons uit om met jul kinders te werk. Elke juffrou het baie ondervinding en ‘n passie en liefde vir die leerders. Jou kind is werklik in goeie hande.

Middagetes

 

Smaaklik gebalanseerde etes word daagliks in ons eie kombuis voorberei vir die leerders. Vanaf 15:00 word vars versnaperinge en koeldrank verskaf vir ekstra woema vir die res van die middag.

Studietyd

 

Dit is hoog op ons priotiteitslys en daarom probeer ons om die huiswerkklasse by die gr.1 – 4 leerders klein hou. Die gr. 5 – 7 leerders studeer in die teater. Hierdie leerders word geleer om meer onafhanklik te werk.

Naskoolaktiwiteite

 

Ouers moet Alice Bezuidenhout op hoogte hou van die leerder se sport en ander aktiwiteite. Sy neem al die gr. 1 – 3 leerders in die middae na Laerskool Tygerpoort vir hul onderskeie aktiwiteite.

Dagprogram

 

13:15-14:00
Register

 

13:30-14:00
Middagete

 

14:30-15:30
Studie

 

15:30-17:00
Buitespel

 

17:00-17:15
Opruim

 

17:15-17:30
Rustige geselstyd .

Naskooltye en vakansies

 

Tiertjies Naskoolsentrum is die volgende tye oop:
Maandag tot Vrydag tydens amptelike skoolkwartale soos bepaal deur die GDO vanaf 13:30 – 17:30.

 

Gedurende skoolvakansies – April, Julie en Oktober – vanaf 06:45 – 17:30.
Die naskoolsentrum is gedurende die Desember- en Januarieskoolvakansie gesluit asook op publieke vakansiedae en erkende skoolvakansiedae.
Die naskoolsentrum sluit om 14:00 die dag waarop ’n langnaweek begin en wanneer die skole vir vakansie sluit.

 

Ons bied elke skoolvakansie (1e, 2e en 3e kwartaal) vir die leerders ‘n heerlike program aan wat boeresport, sandkastele bou en inkleurkompetisies insluit. Daar is ook “dress up”, talentkompetisies en vele ander gratis aktiwiteite. Daar is wel ‘n koste verbonde aan aktiwiteite wanneer ons gebruik maak van buitemaatskappye. Hierdie koste beloop nooit meer as R150 per vakansie nie en deelname is vrywillig.

Benodighede

 

Op die eerste skooldag moet jou kind die volgende voorsien:

  • 10 rolle toiletpapier
  • 1 x 200 pak sneesdoekies
  • 1 pakkie pleisterstrokies met die lappie binne-in
  • 2x vloeibare handseep
  • Gr.1 en gr.2 leerders moet ook ’n gemerkte pakkie met 12 x HB potlode en ‘n buisie Pritt bring.

Naskoolreëls 2019

Om gelukkig by Tiertjie Naskoolsentrum te wees, moet ons by die reëls hou!